Martelize oefen só met gewiggies
Martelize Brink is ‘n rolstoel, maar oefen elke dag om haar arm-, skouer- en maagspiere te versterk.
Hierdie oefeninge is ideaal vir mense met rug- of beenprobleme wat nie met gemak kan stap nie.
Let wel:
- Die oefeninge is deur ‘n biokinetikus en fiksheidskundige aan Martelize gegee, maar Martelize gee nie voor sy in ‘n fiksheidskundige nie. Sy deel bloot haar eie oefenplan met die luisteraars.
- Begin met gewigte wat lig genoeg is sodat jy twee-derdes van elke oefening met gemak kan doen, maar sodat die laaste derde effe moeiliker, maar nie onmoontlik is nie.
- As jy onseker is, raadpleeg jou eie biokinetikus.
- Onthou swem en water-aerobiese oefeninge is uitstekend en aan te beveel vir diegene wat weens rug- of beenprobleme sukkel om te stap.
Klik hier om te sien hoe Martelize met ‘n rekband oefeninge doen vir haar skouers en arms.