Meer ambagsmanne gaan opgelei word
Die Departement van Basiese Onderwys beoog om teen 2030, 300 000 leerlinge as ambagsmanne op te lei. Dit vorm deel van ‘n projek wat verlede jaar by 58 skole landwyd bekendgestel is. Joan-Marie Verhoef berig dat, benewens tradisionele akademiese opleiding, sal leerders opgelei kan word as onder meer haarkappers en houtwerkers.