Meneer Neus van Suid-Afrika
Prof. Aubrey Parsons is al vir meer as vyftig jaar ‘n nuwe produkte navorser en is verantwoordelik vir die ontwikkeling van talle suksesvolle handelsmerke se geure, reuke en smake. Sommige is huishoudelike name.
Hy is steeds betrokke by die ontwikkeling van talle produkte, wat insluit parfuum, velsorgprodukte, reinigingsmiddels, kruie, alkoholiese drankies en gaskoeldranke.
Parsons het twee doktorsgrade in Chemie. Sy besondere reuksintuig kom handig te pas in dié bedryf. Hy staan nie verniet bekend as Meneer Neus van Suid-Afrika nie.
In 2013 het die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Voedselwetenskap en Tegnologie die Presidentstoekenning aan Parsons gegee vir sy waardevolle bydra tot die bedryf.
Esté Gross het sy laboratorium by Brunationalie besoek en leer meer oor hier merkwaardige Suid-Afrikaner van wie min mense weet, al is hy die middelpunt van produkte wat jy gebruik.