Metamorfose: kyk na die vimeo
Metamorfose: Benjamin Willem klank-eksperiment
DEBUUT
Kyk hier na die vimeo: https://vimeo.com/146220343
Benjamin Willem het al musiek vir meer as 18 rolprente en sowat 40 internasionale dokumentêre vir onder andere National Geographic en Discovery gekomponeer. Tydens die New York Best of the World Film & Television Festival is hy met ‘n silwer medalje bekroon.
In opdrag van RSG het hy ‘n aantal klanklandskappe geskep met “evolusie” as tema. Saam met die klankontwerper Basiami Segola gaan die luisteraar hier op ‘n woordlose reis wat die ore behoorlik gaan laat tintel en die klankgrense gaan verskuif. Die werk is in drie dele.
Geskep deur Benjamin Willem & Basiami Segola
Lees meer oor Benjamin Willem op sy webblad, waar jy na van sy komposisies kan luister.
+ There are no comments
Add yours