Moenie ons Paasdrama MASKERS misloop nie
RSG bied op Goeie Vrydag 3 April weer ‘n hele klompie spesiale stemmingsprogramme aan. Hier is enkele van die hooftepunte op ons Goeie Vrydag-rooster, 3 April:
- Die Paasdrama is MASKERS van Joey van Nierk en dit sal 15:00 die middag uitgesaai word.
- Phillip de Vos, bekroonde stemkunstenaar, sanger, limmeriekskrywer en fotograaf van formaat sal sy keur van Paasmusiek voorspeel. Dit kom net na die 13:00 nuus aan die beurt.
- Ons sal ook op Goeie Vrydag ‘n spesiale LOOF DIE HERE en VERS EN KLANK aanbied, wat onderskeidelik net na die 08:00 en die 11:00 nuusboeletiens aangebied sal word.
- Este Gross sal net na 10:00 na groot geestelike musiekwerke kyk wat gebruiklik tydens Paasfees uitgevoer word.