Movember: Wat alle mans moet wéét


November is Movember, die maand met die fokus op mansgesondheid en wel veral op prostaatprobleme en testikulêre kanker en deesdae ook op depressie en onaktiwiteit.

Maar om in Movember ‘n snor te kweek, beteken min indien dit nie lei tot meer mans wat vir prostaat-ondersoeke gaan of op die regte manier self-ondersoek doen vir testikulêre kanker nie.

Alle mans behoort kennis te neem van die volgende:

1.Testkulêre kanker: Hoe elke man homself gereeld behoort te ondersoek
Testikulêre kanker kom veral by jong mans tussen 20 en 40 jaar voor, maar vroeë opsporing en diagnose kan tot suksesvolle behandeling in 98% van gevalle lei. Hoe kan dit vroeg opgespoor word, hoe werk die behandeling en wat kan anders in daardie geweste van ‘n man se lyf skeef loop?
Lees en luister meer.

2. Prostaatkanker: Daardie okkerneut in ‘n man se lyf
Het jy geweet dat…

  • baie mans bo 50 jaar se prostaat self begin groei van die grootte van ‘n okkerneut tot selfs so groot as ‘n tennisbal;
  • dat die groeiende tennisbal baie strukture kan platdruk;
  • dat probleme met urinering – te gereeld, te min op ‘n slag, baie opstanery in die nag – en gereelde blaas-infeksies tipiese simptome is, en dat dit eintlik blaas- en prostaatinfeksie is en nie net blaas-infeksie nie;
  • dat dit sowat sewe tot 10 jaar duur vir prostaatkanker om te ontwikkel van die eerste foutiewe selverdeling tot diagnoseerbaar;
  • dat die verwydering van die prostaat tot onvrugbaarheid sal lei, maar nie tot impotensie nie.
  • dat gereelde opsporingsondersoeke – deur ‘n bloedtoets om die PSA-vlakke vas te stel en ‘n rektale ondersoek deur ‘n uroloog – tot die vroeë opsporing van prostaatvergroting en -kanker kan lei en dat vroeë behandeling jou lewe kan red?

Meneer, weet jy of jy ‘n okkerneut of ‘n tennisbal ronddra?
Lees en luister meer.

3. Prostaatkanker-chirurgie: Nuwe minder-ingrypende en akkurater operasie-tegnieke
SA dokters kan deesdae met ‘n robotmasjien mans met prostaatprobleme deur ses sleutelgatsnitte opereer en danksy dié masjien baie duideliker sien waar hulle opereer. Lees en luister meer.

4. Diagnosering van kanker met radio-aktiewe isotope
Dit is moontlik om deur die gebruik van radio-aktiwiteit sekere probleme op te spoor en baie akkuraat die presiese posisie te bepaal. Lees en luister meer.