Musieksondergrense op Kersdag


Musieksondergrense is ‘n program wat die luisteraar op ‘n wêreldreis neem om kennis te maak met musiek uit ander dele van die wêreld.

Kersdag se Musieksondergrense is só saamgestel, sodat jy Kersmusiek uit lande en kulture sal hoor waarvan jy moontlik nog nie van gehoor het nie. Daar is onder meer ‘n Kerslied deur ‘n Afrika kinderkoor en ‘n Franse weergawe van die bekende White Christmas.

Kom luister ook hoe klink ‘n Sweedse volksliedjie wat tradisioneel gesing word terwyl daar om ‘n kersboom gedans word, asook ‘n Italiaanse snit uit die 17de eeu wat die geboorte van baba Jesus vier.

Musieksondergrense, met ‘n kersfeestema, word saamgestel en aangebied deur Veronique van Heyningin en dit word op Kersdag net na 9 die aand uitgesaai.

Video van die mense in Swede wat om ‘n kersboom dans en die liedjie Räven raskar över isen sing:

Frank Michael

Kersmusiek uit ander lande

Afrika kinderkoor sing vir ons in die kersprogram die liedjie ‘betelehemu’