‘n Rug-fusie deur twee klein snytjies in SA gedoen; pasiënte binne ure huis toe

Het jy geweet ‘n rugoperasie kan nou deur twee klein sleutelgat-snytjies in die rug gedoen word? En dat die pasiënt slegs ure ná die operasie ontslaan word, self huis toe kan ry en kan sit, staan en lê soos voorheen? En dat die pasiënt selfs ná slegs 8 dae weer kan begin oefen? Die nuwe tegniek genaamd bi-portale laminektomie, of – disketomie of – fusie word in twee sentra in Suid-Afrika gedoen, naamlik by die Spine Center in die Paarl en Kuilsrivier en in Richardsbaai. Marí Hudson het met dr Shawn Venter, ortopeed verbonde aan die Spine Center in die Paarl gesels. Hy het sedert Junie 2022 meer as 100 van hierdie prosedures gedoen. Luister hier na die volledige program op Gesondheid op RSG: Die tegniek behels bi-portale endoskopie omdat twee klein snytjies in die rug gemaak word. ‘n Klein … Lees meer ‘n Rug-fusie deur twee klein snytjies in SA gedoen; pasiënte binne ure huis toe