Carlos van die Rooiberg


Carlos en Huibrecht Araujo van Orange Grove in die Rooiberg

“Kom ontdek die mens Carlos Araujo, sy diamant uit die Namakwaland, sy vrou Huibrecht, en die ontdekkings van die Rooiberg.

“Carlos is ‘n gids wat die Rooiberge buite Robertson se bedreigde en endemiese spesies uitstekend ken. Die bekoring is hier dat ek in die veld saam met hom loop, terwyl die besondere rooispesies op die datalys uitgewys en bespreek word. Ek het met die plaasmense gepraat en Carlos Aurajo (’n Afrikaanssprekende Portugees) is ‘n kenner van die Rooiberge. Die Rooivin-vis kom net daar voor en hulle het nou ook ‘n plant ontdek wat hulle gedink het uitgesterf het. Daar was net ‘n voorbeeldtekening  daarvan in Die Kasteel. Die Universiteit Kaapstad doen gereeld navorsing in die omgewing,” skryf Johan Rademan.

Fossiele van Pofadders, werktuie van die Khoi en San inwoners van honderde jare gelede wat in die oorvloed wat die omgewing bied gedeel het en ‘n inspirerende Afrikaanssprekende Portugees, Carlos Araujo, wag op jou Donderdagaand 27 Februarie om 20h00 wanneer Johan Rademan saam met hom die pad vat.

Agtergrond oor Carlos en die Rooiberge

Johan Rademan en Carlos Arauja by die versteende Pofadder in die krans.

Die pofadder fossiel versteen in klip

Carlos Araujo het 45 jaar lank as delwer die aarde oopgeskeur opsoek na die groot blinkes. In Suid-Afrika het hy as skoolseun in sy pa se vis-en-tjips winkel gewerk en daarna die Afrika kontinent aangepak om diamante te delf. Die soektog het hom deur Mosambiek na Angola, die Kongo, Sierra Leone en die Sentraal Afrikaanse Republiek geneem. In die SAR loop hy sy rieme styf en moes hy ‘n rukkie agter tralies spandeer in ‘n land sonder ‘n behoorlike regstelsel. Die episode dwing hom terug na Suid-Afrika waar hy voortgaan om die grond om te dolwe opsoek na die grotes in die diamantgebiede van ons Republiek.

Hermannia aurea.

Ná 45 jaar se delwersstof en modder, verdriet en vreugde, besluit hy om in die Rooiberge buite Robertson te kom aftree, bietjie te boer en sommer ‘n toerismeplaas binne die boerdery te skep. Die asemrowende omgewing dryf hom om terug te gee waar hy met die mynaktiwiteite die aarde seer gemaak het. Hy begin die uitheemse bome ontbos en spandeer ure in die veld met sy spanne om die aarde te reinig van indringers. Binne die afgelope dekade keer hy die slag die aarde om, maar ten goede.

Rooiberg se ongerepte natuurskoon

En toe soos die euforie van ‘n knewel van ‘n diamant wat hy ontdek het, ontdek hy die natuur in al sy fassette. Bewaring deur benutting. ‘n Skaars plant (Hermannia aurea)

Die botaniste is verheug oor die ontdekking, soos uit die korrespondensie blyk:

Só is die plantjie destys beskryf

“Regarding that yellow Hermannia collected from Carlos’s farm, attached is a copy of the original print of Hermannia aurea that I mentioned.

It was described in 1797 by Jacquin, and besides a collection that differs somewhat from Riebeeck Kasteel collected by Drege (#7300), it has not been seen since.
So this may be a discovery of a plant missing for 220 years!

I’ll let you know when I’ve finished scanning and describing it, and I may have to send the description to Cambridge where the specimen is housed for them to verify whether my description matches their plant.”

Hermannia aurea Anon s.n. GDC labelled plicata fls(1)

Die natuur herstel

Die nuutgeskepte skoon aarde bring die inheemse plante terug, die geveerdes kwetter vrolik saam en in die klofies begin die Vinkrivier se sylopies wat uiteindelik weer aansluit by die Breederivier weer vloei. In die helder skoon onaangetaste water floreer en swem die kritiek bedreigde Rooivlerkie (Burchell’s Redfin)

Burchell se rooivlerkie (Pseudobarbus burchelli)

Burchell se rooivlerkie (Pseudobarbus burchelli) is ‘n varswatervis wat hoofsaaklik voorkom in die Breederivier in die Wes-Kaap, Suid-Afrika. Dit staan ook bekend as die Breederivier-rooivlerkie en in Engels as Burchell’s redfin.Die vis leef in poele en die dieper vloeiende gedeeltes van die groter sytakke en die hoofstroom.

Hulle vreet detritus en klein organismes vanaf die bodem en paar in die somer. Die kleiner vissies leef in skole saam en die volwasse vissies in kleiner groepe.

Die vis is ‘n kritiek bedreigde spesie aangesien sy habitat verklein word as gevolg van die ontwikkeling van dorpe, landbou en industrieë. Ingevoerde eksotiese visse teer op die vis as prooi. (Bron: Wikipedia)

Huibrecht deel die uitsonderlike voorreg van die Rooiberg se geil klofies teenoor die namkwaland wat haar dankbaarheid leer ken het in droogtetye.

Hermannia aurea Anon s.n. GDC labelled plicata