Die liefde blom vir Ben, Uitenhage se swerwershond


Hierdie is nou n lekker… lopende… liefdesverhaal – in die ware sin van die woord, en dit sal jy kry op Uitenhage, ‘n dorp naby Port Elizabeth. Die hoofkarakters is Ben en Meisie. Ben is Uitenhage se geliefde swerwershond wat deur die jare al baie mensevriende op sy looproete gemaak het. Ná die dood van Ounooi, sy vorige liefde, was arme Ben lank ‘n alleenloper – tot hy Meisie onlangs raakgeloop en die liefde geblom het. Ben se mensevriende was só verheug hieroor dat hulle selfs ‘n liefdeshuisie vir die tweetjies opgerig het. Mariska Spoormaker het na Uitenhage gegaan om dié Ben-storie van naderby te beleef.

Ronel Goosen van Uitenhage verduidelik dit het aan die hand van Ben, geliefde swerwershond wat ná jare se alleenloop nou die dorp platloop met Meisie, sy jongste liefde. Nie dat daar n kroos sal kom nie, want albei is gesteriliseer.Daar is ook gerusstelling vir diegene wat stres oor Ben en Meisie se welstand. Sanette Welgemoed , inwoner, sorg voortdurend dat die tweetjies se hondesalon- en veearts-afsprake nagekom word.

 

Ben (die swart hond) en sy meisie, Meisie. Ben lyk of hy labrador-bloed in hom het, en Meisie dalk Alsation en Nguni-hond bloed. Foto: Heilie Combrinck

Ben. Foto: Heilie Combrinck

Mariska besig met die onderhoud met Ben en Meisie. Foto: Heilie Combrinck

Sanette Welgemoed , Uitenhager wat sorg dat Ben en Meise se hondesalon- en veeartsafsprake nagekom word, is hier by die verliefde paartjie. Foto: Heilie Combrinck