Lente Roode gesels oor gestroopte renosters, wees-olifantjies


Lente Roode met een van die jagluiperds

Adine en die wees-renostertjie Gertjie by Hoedspruit Endangered Species Centre in die Jabulani Kamp die dag toe die baba-renoster by die kamp aangekom het. Sy ma is dood in ‘n wrede stroping en hy was dae lank ontroosbaar.

Lente Roode, ‘n legende in bewaringskringe en ook bekend as die jagluiperd-fluisteraar, het in die ateljee by Oggend op RSG se span gekuier.

Sy vertel meer oor haar jagluiperd-oord, die rehabilitasie van renosters wat wrede stropings oorleef en hul wesies, oor Jabulani, die wees-olifantjie, en oor die Jabulani-trop.

Haar dogter Adine en seun Bernard neem die leisels by haar oor en is betrokke by Kapama, die Hoedspruit Sentrum vir Bedreigde Spesies in die  Jabulani-kamp, waar die Jabulani olifanttrop ook is.

Luister hier na die gesprek.

Lees en kyk na die onlangse vrylating van ‘n jagluiperd wat in die kamp gebore is, maar nou in die natuur vrygelaat word:
https://www.theaustralian.com.au/video/id-5348771529001-5996432011001/captivebred-cheetah-released-into-south-african-reserve

Lees meer oor Kapama: https://www.kapama.com/

Dié twee renosterkoeie het ‘n wrede stropingsaanval oorleef.

Lees meer oor die HESC (Hoedspruit Endangered Species Centre) en hoe hulle renosters wat stroping oorleef het, versorg en help.

Jabulani is nou ‘n volwasse olifant

Lees ook meer oor Jabulani, die wees-olifantjie en die ander wees- en getraumatiseerde olifante wat nou as deel van die Jabulani-trop by Jabulani-kamp versorg word.

Lente Roode (regs) en haar dogter Adine.