Hoe werk die hoenderbedryf?


Daar is meer hoenders op aarde as alle ander voëls tesame en die tweede grootste landboubedryf op aarde.

Izaak Breytenbach van die SA Pluimveevereninging vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink hoe die hoenderbedryf in Suid -Afrika en die wêreld werk.

Interessante feite oor die hoenderbedryf in SA en die wêreld:

  • Daar is meer hoenders op aarde as al die ander voëls saam.
  • Daar is 30 miljard diere op aarde en 23 miljoen is hoenders omdat dit so geweldige goedkoop diereproteïen is en ‘n goeie bron van proteïen is.
  • Gebruik net 1.5kg voer om 1kg vleis te produseer (Bees is 9-15kg).
  • Daar is 121% meer hoenders nodig om die wêreld te voed teen 2050.
  • 28% van alle mense in RSA het nie voedsel-sekuriteit nie.
  • 23% van alle mense in Afrika is ondervoed.
  • 30% van alle geproduseerde kos word vermors.
  • Net lokale produksie kan die vraag verskaf of dit nou RSA of Ghana is.
  • Die hoogste pryse van hoender in Afrika is waar alle hoenders ingevoer word, soos in Ghana, DRC, Brazaville ens.
  • China koop grond en besighede in Afrika om vir hul eie mense te produseer, nie vir mense van Afrika nie.
  • Net twee diere  word met die vel aan die vleis geëet en dit is vark en hoender (daarom dat ons nie hoender ontdooi en weer vries nie).
  • In terme van prys is prys baie wisselvallig weens gesonde mededinging maar hoendervleis het die minste in prys toegeneem sedert 1980 van alle vleise en ook minder as die meeste voedselprodukte.
  • Effektiwiteite het baie verbeter weens beter genetika, bestuursmetodes en belegging in die bedryf.
  • Hoender is van die gesondste vleis, daarom word dit voorgeskyf in diëte, maar meer belangrik as proteïenbron om wanvoeding te oorkom.
  • Dit is die tweede grootste landbou bedryf in die RSA.
  • Grootste in SA landbou itv werksverskaffing. Dit gee werk aan meer as 100 000 mense;
  • In SA is 12miljoen hoenders word deur suksesvolle swart boere geboer van die beste bemagtiging wat ek van bewus is;
  • SA Kleinboere verskaf per week ongeveer 2m (wat nie geslag word nie)
  • SA is wêreld mededingend en produseer hoender konstant tussen 10% tot 20% goedkoper as Europa
  • Lokale hoender maatskappye gebruik Amerikaanse standaarde itv voedseveiligheid en ons voldoen totaal daaraan . Ons vleis is veilig om te eet
  • Brasilië is die laagste koste produsent waar maatskappye tot 45miljoen hoenders per week slag en die totale slagtings in RSA 18-20m hoenders per week. Die grootste produsent slag 5m/wk.
  • Industrie saam met Departement van handel, landbou en gesondheid is besig om ‘n meesterplan vir die industie op te stel.
  • Die SA hoenderbedryf groei in terme van Voedselsekerheid, Ekonomiese groei, Werkskepping en bemagtiging.