Rare Kurinje blom 15e keer ooit


Strobilanthes kunthianus blom in pers plate. Foto: Adithya Subramaniam vir National Geographic

In Indië is ‘n skaars blom wat slegs elke 12 jaar te voorskyn kom. Die Neelahurinji of  Kurinji (Strobilanthes kunthianus) blom is persblou. Sedert die plante vir die eerste keer in 1838 dokumenteer is, het hul nog net 15 keer geblom. Die vorige keer was in 2006 en vanjaar is weer ‘n blomjaar.

Daar word gesê dat wanneer jy die plate blomme op die heuwels sien, jy verlief raak. Die blomme word gevind in ‘n nasionale park in Suidelike Indië. Die legende van die blom is vasgevang in gedigte en literatuur vanaf die eerste eeu. Die plaaslike inheemse stam verwys na hul onderdom in terme van hoeveel keer hul al die blomme sien blom het.

In hierdie stadium kom die blomme nog net in ‘n deel van ‘n nasionale park voor, maar in die verlede was dit volop in die omgewing. Die plante se toekoms  word bedreig deur bloekom- en acasia plantasies, landbou en meer onlangs, toerisme. Oor die afgelope 40 jaar het die graslande met 66% afgeneem en die boomplantasies het 12 keer vergroot. Die grootste verandering het tussen 1993 en 2003 plaasgevind. Nou word gevra dat meer beskermde areas geskep word om die struike te bewaar. Tans kan net mense wat kan bekostig om die park te  besoek, die blomprag sien.

Só lyk die seldsame plant in blom

Die plant blom oor die heuwels en berghange in suidelike Indië

Die Kurinje blomtros

Die gebied Neelakurinje en Kerala spog met die seldsame blomme.

Die kurinje in volle blom in die nasionale park by Munnar in Indië.

 

 

Lees meer

https://www.nationalgeographic.com/environment/2018/09/india-rare-flower-agriculture-conservation-news/