Waarom is die suiderlige nie in SA sigbaar nie?


Wat was die sogenaamde Carrington-gebeurtenis van 1859? En hoekom is die suiderligte tydens hierdie gebeurtenis in Australië waargeneem, maar nie in Suid-Afrika nie?

Dís een van die vrae wat kundiges in Hoe Verklaar Jy Dit? beantwoord.

Die noorderligte kan groen, pienk, rooi, blou of pers wees, maar is meestal groen en bloou, is in die Arktiese sirkel by die noordpool en staan bekend as aurora borealis. Die suiderligte in die Antarktiese sirkel by die suidpool word aurora australis genoem. Aurora australis is meer ontwykend, omdat die landmassa vanwaar dit waargeneem kan word, soveel kleiner is. Die kleure is van ‘n wyer spektru en sluit alles van groen, blou, pers, pienk, oranje en goud in.
Kyk na die mooi foto’s van die suiderligte onder.

Die ander vrae is:

  • Hoekom moet ‘n mens al minder water in ‘n stoom-eierkoker gooi, hoe meer jy eiers daarin kook?
  • Hoe is dit moontlik om met ‘n selfoon ‘n ligkol op ‘n muur te kaats waarop die son reeds skyn?
  • En wat veroorsaak dat ‘n arend wat in die lug sirkel periodiek verskyn en verdwyn?

Die wetenskap van die noorder- en suiderligte:
Die Aurora Australis is sigbaar omdat gelaaide partikels van die sonwinde die Aarde se atmosfeer bombardeer en ‘n interaksie met die gasse van ons planeet het. Hierdie hoogs energiebelaaide partikels word deur die son vrygestel en tref die Aarde se magnetiese veld teen meer as 6 miljoen km/u. Die aarde is meeste van die tyd beskerm teen die sonwinde danksy die magnetosfeer. Soms, in spesifieke tye van die jaar – tussen Maart en September in die Antarktiese winter – dring die sonwinde deur die magnetosfeer tot in die aarde se atmosfeer. Die gelaaide partikels beweeg al langs die aarde se magnetiese velde na die noord- en suidpole. Sodra hulle die pole bereik, bots hulle met atome in die atmosfeer, veral met stikstof- en suurstofatome en word met nóg meer energie gelaai. Sodra die elektrone dan terugval na hul normale ladingsvlak, word energie vrygestel in die vorm van die kleurvolle ligstrale bekend as aurora. Die kleure hang af van watter atome getref word en op watter hoogte. Hoe hoër die hoogte bo seespieël, des te rooie en pienker is die kleure.

Die foto’s hieronder is geneem vanaf Antarktika, vanaf Nieu Seeland en enkeles vanaf Australië.

Lemaire Channel (Kodak Gap), Antarctica

En wat van die noorderligte? Klik hier vir foto’s en inligting oor die noorderligte.