Watse diertjie is dit dié?


Dis een van die heel taaiste diertjie op die planeet (en selfs die buitenste ruim).

Tardigradas (stadige stappers) is agtpotige mikro-diertjies en kan ekstreme omstandighede oorleef wat die lewens van alle ander lewensvorme sou kos. Hulle kan selfs die impak van groot ateroïde oorleef, en sommige kan selfs temperature van -272 grade Celsius en 150 grade Celsius  vir verskeie minute oorleef.

Hulle kan ook druk wat ses keer meer is as in die diepste oseane, ioniserende bestraling honderd keer hoër as wat die mens kan oorleef, en die vakuum van die buitenste ruimte oorleef. Hulle kan 30 jaar sonder kos oorleef, uitdroog tot hulle minder as 3% water het en dan weer rehidreer, eet en voortplant.

Lees hier meer oor die water- of mosbeertjie: https://en.wikipedia.org/wiki/Tardigrade