Watter blom is dit dié?


Watter blom-spesie is dit dié? En in watter land kom dit voor? In Suid-Afrika, of dalk in ‘n ander land?

Dit lyk bekend en tog ook nie heeltemal nie. Dis lyk effe anders as dié wat jy ken, of hoe?

Luister vanoggend na Oggend op RSG en vind uit wat hierdie blom is en waarom die span vanoggend oor dié spesie gesels.

Hier is voorbeelde van die blom-spesie.

Antwoord: Dis die Waratah oftewel Telopea speciosissima wat lid is van die Protea-familie. Dit kom endemies in die suid-ooste van die Australië voor. Australië het meer Protea-spesies as Suid-Afrika!

Botanis Rupert Koopman vertel vir Johan Rademan wat ‘n Waratah anders as ‘n rugbyspeler is.

Lees meer

https://en.wikipedia.org/wiki/Waratah