2015 Nobelpryswenners
Ja, dis weer tyd vir die Nobelpryse (jaarliks toegeken aan individue vir uitstaande navorsing, vir pionierswerk in die ontwikkeling van nuwe tegnologie of toerusting of iemand wat ‘n buitengewone bydrae tot die samelewing gemaak het. Hier is vanjaar se wenners:
- Die Nobelprys vir Ekonomie (deesdae bekend as Sveriges Riksbank prys in Ekonomiese Wetenskappe ter nagedagtenis van Alfred Nobel 2015) is toegeken aan Angus Deaton “vir sy ontleding van verbruik, armoede en welvaart“.
- Die 2015 Nobelprys vir Vrede is toegeken aan die Tunisiese Nasionale Dialoog Kwartet vir die groep se deurslaggewende bydrae lewer tot die bou van ‘n pluralistiese demokrasie in Tunisië in die nadraai van die Jasmyn-revolusie van 2011.
- Die Nobelprys vir Letterkunde vir 2015 is toegeken aan die Russiese skrywer Svetlana Alexievich “vir haar reële geskrifte, ‘n monument vir lyding en moed in ons tyd”.
- Die Nobelprys vir Fisiologie en Geneeskunde 2015 is gesamentlik toegeken aan William C. Campbell en Satoshi Ōmura vir hulle werk om nuwe behandeling te vind teen infeksies wat deur die rondewurm parasiet veroorsaak word – terwyl die ander helfe van die prys toegeken is aan Youyou Tu vir haar werk vir die behandelik van malaria.
- Die Nobelprys vir Fisika 2015 is gesamentlik toegeken aan Takaaki Kajita en Arthur B. McDonald “vir die ontdekking van neutrino ossillasies wat wys dat neutrinos oor gewig beskik”.
- Die Nobelprys vir Chemie 2015 is gesamentlik toegeken aan Tomas Lindahl, Paul Modrich en Aziz Sancar “vir meganistiese studies van DNA herstel“.
Gaan na nobelprize.org vir meer inligting