Corona: >75000 siek, >2000 dood, 29 lande


19 Feb 2020: Passasiers wat in kwarantyn gehou is op die Diamond Princess buite die Yokohama-hawe in Japan, sal die skip vandag verlaat. Diegene wat ‘n kamer gedeel het met ‘n persoon wat positief getoets het vir die Covid-19 coronavirus, sal egter steeds aanboord moet bly. Mense op die passasierskip is op 3 Februarie met die skip se aankoms in Yokohama in kwarantyn geplaas. ‘n Man op die skip wat in Hong Kong die skip verlaat het, het die virus opgedoen, waarna die Diamond Princess met sy aankoms in Japan afgesonder is. Meer as 540 mense op die skip het die virus opgedoen waarvan baie na hospitale oorgeplaas is. Intussen word berig dat nog eenduisend-749 nuwe gevalle aangemeld is asook 136 bykomende sterftes.

18 Feb 2020:17 Feb 2020: Die totale aantal gevalle van COVID-19 staan op meer as 71 000, die sterftes op byna 1800 en die aantal mense wat herstel het, op meer as 11 000. Nuwe gevalle van die COVID-19-stam van die coronavirus toon weer ‘n aansienlike styging in die Hubei-provinsie, nadat daar gister op ‘n enkele dag 1900 mense positief vir die virus getoets het. Dit is ‘n skerp styging nadat daar die afgelope dae ‘n afname in nuwe gevalle was. Die dodetal weens die virus staan nou op meer as 1700 met meer as 70000 in China wat die virus het. Die siekte het reeds vyf lewens buite China geëis, met meer as 500 bevestigde gevalle.

14 Feb 2020: Die groot sprong in die aantal gevalle tussen 11 en 12 Feb kan verklaar word deur die verandering in die WGO se definisie van aangemelde gevalle (https://www.worldometers.info/coronavirus/how-to-interpret-feb-12-case-surge/) wat beteken dat almal wat siek was en herstel het en die sterfgevalle, en ook word mense met enige simptome nou ook beskou word as COVID-19 gevalle, al het die virustoets nog nie bevestig dat die gevalle wel positief is nie. Dié syfer van onbevestigde gevalle is 13332.

Die aantal nuwe gevalle het tussen 12 en 13 Februarie met ‘n faktor van 0.27 toegeneem, waar ‘n syfer groter as 1 beteken die epidemie eksponensieel toeneem, maar minder as 1 dui daarop dat die epidemie-toename begin verstadig. Nul beteken geen nuwe gevalle nie, en dat die epidemie begin inplof.

n Tydlyn van die verspreiding van COVID-19. Lees meer op https://www.aljazeera.com/news/2020/02/cloneofcloneofcloneof200215224437270-20021623180-200218231013395.html

13 Feb 2020: Die Coronavirus wat verantwoordelik is vir die huidige uitbreking, staan nou amptelik as COVID-19 bekend.

CO = Corona
VI = Virus
D= Disease
2019 = die jaar waarin die virus geïdentifiseer is.

12 Feb 2020: Japan het bevestig dat nog 39 mense aanboord van ‘n passasierskip in die hawe van Yokohama, suid van Tokio, positief getoets het vir die coronavirus. Die boot verteenwoordig die groot enkele uitbreking van die virus buite China, met ‘n totaal van 175 bevestigde gevalle.  Die res van die Diamond Princess se sowat tweeduisend-600 passasiers en meer as duisend bemanning bly in kwarantyn.

11 Feb 2020: China het verskeie senior amptenare uit hul poste verwyder oor hul hantering van die uitbreking van die coronavirus. Die dodetal wat vanoggend aangekondig is, staan op 1016. Meer as 42-duisend gevalle is reeds in China bevestig, met nog 319 in verskeie ander lande.

10 Feb 2020: Die hoof van die Wêreldgesondheidsorganisasie, Tedros Ghebreyesus, het gewaarsku dat die verspreiding van die coronavirus buite China kan toeneem. Hy sê mense word siek wat nog nooit in China was nie.

Die aantal mense wat weens die Coronavirus dood is, het intussen met 97 gestyg. Dit is die grootste styging in een dag. Die totale aantal sterftes in China staan nou op 908, met meer as 40 000  mense wat siek is. Minstens 180 000 mense word gemonitor.

Lees ook:

Op 12 Februarie 2020 was Afrika en Suid-Amerika nog vry van die nuwe Corona virus, ook bekend as die Wuhan virus. Meer as 70 mense in Suid-Afrika is al getoets vir die Corona virus, maar almal was tot dusver negatief.

Tydlyn van die verspreiding van die Corona uitbreking https://www.aljazeera.com/news/2020/01/timeline-china-coronavirus-spread-200126061554884.html

en

https://www.aljazeera.com/news/2020/02/cloneofcloneofcloneof200215224437270-20021623180-200218231013395.html

Statistieke oor die huidige uitbreking: https://www.worldometers.info/coronavirus/

Die virus kan die wêreld ekonomie beïnvloed: https://edition.cnn.com/2020/02/08/business/coronavirus-global-economy/index.html

Mites oor die Corona-virus: https://www.who.int/emergencies/diseases/novel-coronavirus-2019/advice-for-public/myth-busters

Wanneer en hoe om ‘n masker te gebruik: https://www.who.int/emergencies/diseases/novel-coronavirus-2019/advice-for-public/when-and-how-to-use-masks

Inligting vir mediese en gesondheidspersoneel: https://www.thelancet.com/coronavirus

Interessante feite oor die Corona-virus en die huidige uitbreking

Die Corona virus lyk soos ‘n kroon.

Wat is die coronavirus wat mense in die Ooste op hol het? Hoe dodelik is dit? Hoe het dit ontstaan? Is ons in Suid-Afrika in gevaar? Marí Hudson praat met ’n spesialis oor dié virus, asook ook klebsiêlla en dié winter se griep.

  • Die Corona-virus is ‘n groep virusse wat gewoonlik in diere voorkom. Wanneer dit wel na die mens oorgedra word, soos met SARS in 2002/3, en MERS in 2012, lei dit tot veral longprobleme by die mens. Die sterftesyfer van die SARS-uitbreking was sowat 9% en dié van MERS sowat 34%. Nie SARS of MERS het tot ‘n groot mate van mense tot mens versprei nie. SARS het vermoedelik van vlermuise gekom via muishonde in die Ooste en MERS van vlermuise via kamele in die Midde-Ooste. Baie van die Corona-virusse wat tans wel in mense voorkom, veroorsaak bloot verkoue.
  • Die nuwe Corona-virus word die 2019-nCoV genoem, waar die n staan vir novel oftewel nuwe.
  • Die Corona virus uitbreking het op 8 Desember 2019 begin met 10 mense wat siek geword het nadat hulle ‘n mark met lewende diere, insluitend wilde diere, besoek het.
  • Meer as 6000 gevalle is die eerste 7 weke gediagnoseer met 132 sterftes. Meer as 40 miljoen mense in verskillende stede in China is in kwarantyn geplaas. Gevalle is reeds in Kanada, Duitsland, Japan, Hong Kong, Frankryk, Maleisie en Australië gediagnoseer. Almal was in aanraking met ‘n persoon van China. Vlugte uit China is gekanselleer en ook die X-Spele wat volgende maand in China sou plaasvind. ‘n Week later, op 3 Feb, het die getal gediagnoseerdes wêreldwyd op meer as 17 000 gestaan en die sterftesyfer op meer as 360.
  • Chirurgiese maskers in China, en ook New York, is uitverkoop en die geldmarkte is ook op hol.
  • Anders as die SARS- en MERS virusse, word die nuwe Corona virus wel van mens tot mens oorgedra soos gevalle in Duitsland en Japan bewys het.
  • Die inkubasietyd van aansteking tot simptome is sowat 10 tot 14 dae as dit van dier na mens oorgedra word, en sowat 1 tot 2 dae as dit van mens tot mens oorgedra word.
  • Die virus word swakker met elke oordraging van mens tot mens.
  • Die simptome is longontsteking, koors, hoes en sukkel om asem te haal. Maar nie loopneus, nies en seer keel nie. Die huidige influenza virus het soortgelyke simptome.
  • Ouer mense, mense met verswakte immuniteitstelsels, mense met long- of hartprobleme en jong kinders kan die siekste word van die virus en moet onmiddellik mediese hulp kry met die eerste simptome.
  • Die virus versprei deur groot druppels en sal nie maklik deur inaseming aansteek nie, maar wel as groot duppels op jou val as jy ‘n meter of twee van ‘n pasiënt staan, of as jy aan iets vat waarop die druppels geval het. Dit is nie bekend hoe lank die virus buite die liggaam lewe nie.
  • Die belangrikste voorsorgmaatreëls is om jou hande te vas, onmiddellik mediese hulp te gaan soek as jy onlangs in China was of met ‘n persoon van China in aanraking was en dan simptome toon, jou hand voor jou mond te hou as jy hoes of nies en nie aan jou gesig te vat nadat jy aan dinge rondom jou gevat het. ‘n Masker kan mediese en verpleegpersoneel help wat digby pasiënte werk, en om ‘n siek persoon te keer om ander aan te steek.
  • Volgens die Minister van Gesondheid is Suid-Afrika gereed om die virus in Suid-Afrika te hanteer.
  • Geen antivirale middel of vaksien is tans effektief of beskikbaar nie. Die virus is egter reeds geïsoleer en geïdentifiseer en kan nou in enige land met ‘n bloedtoets binne 24 uur bevestig word. Navorsers in verskeie laboratoria in die wêreld werk aan behandeling en ‘n vaksien.
  • Dit is nie die dodelikheid van die virus wat paniek saai nie, maar onsekerhede oor wat volgende gaan gebeur en hoe die virus verder gaan optree. Tans lyk dit of dit met elke mens tot mens oordraging verswak.

Lees meer oor die Corona-virus uitbreking: https://www.webmd.com/lung/news/20200124/coronavirus-2020-outbreak-latest-updates

Nuusflitse

3 Feb 2020: Die hoof van die Wêreldgesondheidsorganisasie, Tedros Adhanom Ghebreyesus, het lande wat probeer om die verspreiding van die coronavirus hok te slaan, gevra om nie onnodig maatreëls in te stel wat kan inmeng met internasionale handel en mense wat reis nie. Hy het die beroep op die internasionale gemeenskap gedoen namate die ekonomiese uitwerking van die epidemie aan die lig kom. Ghebreyesus sê die virus kan uitgewis word mits alle lande saam werk. Die WGO wil veral steun vir lande met ‘n swakker gesondheidsinfrastruktuur bekom en ook die ontwikkeling van entstowwe bespoedig. Hy sê sy versoek is waarskynlik te laat aangesien verskeie lande reeds vlugte na China gekanselleer het.

Die Chinese ambassadeur in Suid-Afrika, Lin Songtian, sê China is optimisties dat hy die verspreiding van die coronavirus na Afrikalande gaan bekamp. Dit volg op berigte van vermeende voorvalle van die virus in Ethiopië en Botswana. Songtian sê al die gevalle in Ethiopië is negatief nadat deeglike toetse op die pasiënte uitgevoer is. Meer as 360 mense is dood sedert die virus in die stad Wuhan uitgebreek het. Songtian sê hulle wag nog op die uitslae van die pasiënte wat in Botswana getoets is.Suid-Afrikaanse farmaseutiese maatskappye het mediese gesigmaskers ter waarde van meer as twee-komma-vyf miljoen rand aan China geskenk in reaksie op die uitbreking van die coronavirus. Die minister van internasionale betrekkinge, Naledi Pandor, sê die maskers is afgelewer by die kantoor van die Chinese ambassadeur in Suid-Afrika, Lin Songtian. Die dodelike virus het reeds die lewens van meer as 360 mense geëis en sowat 17-duisend mense wêreldwyd is besmet. Daar is nog geen geval in Suid-Afrika aangemeld nie. Pandor sê die Suid-Afrikaanse regering verwelkom die skenking deur die privaatsektor.

Gesondheidspersoneel in Hong Kong het intussen met ‘n staking begin. Hulle eis dat die grens tussen Hongkong en die Chinese vasteland gesluit word om die verspreiding van die coronavirus te beperk. Die regering het so ver 10 van sy 13 grensposte gesluit. Vandag se staking sluit slegs nie-noodsaaklike mediese personeel in. Dokters en verpleërs gaan egter na verwagting môre by hulle aansluit. Daar is 15 bevestigde gevalle van die coronavirus in Hongkong. Gesondheidspersoneel sê die sluiting van die grens is die enigste manier om die gebied te beskerm. Die regering het tot dusver besoekers van die Chinese vasteland beperk, maar wil nie gehoor gee aan oproepe dat al die grensposte gesluit word nie.

29 Jan 2020: Die Duitse lugdiens, Lufthansa, het al sy eie vlugte en ook dié van Switserse en Oostenrykse lugdienste na en van China tot minstens 9 Februarie opgeskort weens kommer oor die coronavirus. Lufthansa sê vlugte na Hong Kong sal voortgesit word. Die drie lugdienste sal ‘n laaste keer na hulle gewone bestemmings vlieg om passasiers die geleentheid te bied om beplande vlugte te haal en om bemanning terug te bring. Die virus wat sy oorsprong het in die stad Wuhan, het talle lugdienste gedwing om vlugte te kanselleer en maatskappye om reise na China uit te stel. Die amptelike dodetal in China staan op 132 en nuwe gevalle word dwarsoor die wêreld aangemeld.

Die eerste vliegtuig met buitelandse burgers wat uit die stad Wuhan in China ontruim is, het vroeër vandag in Tokio geland. Die 206 Japanese burgers het skanderings ondergaan voordat hulle toegelaat is om die vliegtuig te verlaat. Drie verdere gevalle van die coronavirus is in Duitsland bevestig en een in Japan. Die dodetal staan tans op 132.

Deur Marí Hudson