Gaan dit slegter met SA as in Zuma-era?


Woensdag 19 Augustus 2020
Gaan dit slegter met SA as in die Zuma era?

Die ANC se Veteraneliga sê senior ANC-lede wat betrek word by korrupsie het ‘n etiese plig om te bedank of van hulle poste te onttrek terwyl die bewerings teen hulle ondersoek word. President Cyril Ramaphosa het ‘n ministeriële komitee onder leiding van die Minister van Justisie, Ronald Lamola, aangestel om na bewerings van Covid-19 verwante korrupsie te kyk. Intussen skryf dr. Theuns Elof in ‘n rubriek dat hy glo ons is nou erger af as in die Zuma-era. Is dit te vroeg om Cyril Ramaphosa se leierskap met dié van oudpresident Zuma s’n te vergelyk?