Kerngeld van Russe al in Zuma se sak?


Kommentaar, Sondag 22 Oktober 2017

Redakteurs en ontleders bespreek die week se belangrikste nuusgebeure. Die jongste verwikkelinge rondom die Zuma’s, staatskaping en die voorlegging aan die Parlementêre komitee en Zwane se gedrag, die nuutste kabinetskommeling, die moontlike Russiese druk op Zuma vir kernkragkontrakte, die moontlikheid dat die nuwe Minister van Energiesake David Mahlobo ‘n binne-agent vir die Russe is, Ramaphosa se veldtog en die ‘Me Too’ veldtog word bespreek.

Praat Saam, Maandag 23 Oktober

Die voormalige ANC-parlementslid en sangeres, Jennifer Ferguson, het Danny Jordaan, president van SAFA, van verkragting beskuldig. Sy sê sy kan nie meer stilbly oor die misbruike van invloedryke mans nie. Hoe verstaan ons slagoffers se stilswye, en hoe moet howe en die samelewing seksuele teistering en verkragting benader?