Nuwe wette vir tuisonderrig?


Donderdag 2 November 2017

Tuisonderwys kan binnekort deur die Departement van Basiese Onderwys ge-mikroreguleer word, indien voorgestelde wysigings aan die skolewet aanvaar word. Dit is die mening van die voorsitter van die Pestalozzi Trust vir Tuisonderwys, Bouwe van der Eems. Hy beweer verder dat die voorgestelde wysigings administratiewe laste en finansiële implikasies vir ouers tot gevolg kan hê. Joan-Marie Verhoef berig dat die trust ook bekommerd is oor die moontlike strafregtelike vervolging van ouers wat dié wysigings verontagsaam…