In die lug met net vroue aan die stuur


Die nasionale lugredery, SAL het Vroue Maand op n hoogtepunt afgesluit met n spesiale vlug tussen Johannesburg en Sao Paulo, Brasilië. Die vliegtuig is hoofsaaklik deur vroulike ingenieurs voorberei; die bemanning in die stuurkajuit was net vroue; en die personeel in die passasierskajuit was ook net vroue.

Kaptein Jane Trembath, SA se eerste vroulike vlug-kaptein wat in beheer was van ‘n buitelandse SAL vlug en die jongste (23 jaar oud) Boeing vlieënier toe sy on 1988 by SAL aangesluit het, is die vlugkaptein op die vlug.

So aan die einde van Vrouemaand neem ons ‘n spesiale vlug na Brasilië. Vlug SA 222 van Johannesburg na Sao Paulo het ‘n volledige bemanning van vroue gehad. Terrance April was op die vlug.

Die nasionale lugredery, SAL het Vroue Maand op ‘n hoogtepunt afgesluit met ‘n spesiale vlug tussen Johannesburg en Sao Paulo, Brasilië. Die vliegtuig is hoofsaaklik deur vroulike ingeneurs voorberei; die bemanning in die stuurkajuit was net vroue; en die personeel in die passasierskajuit was ook net vroue. Die driemanskap in beheer van die vlug, is voor van links na regs Asnath Mahapa, Suid-Afrika se eerste swart vroulike vlieënier en Senior Eerste Offisier op die Sao Paulo vlug, Kaptein Jane Trembath en Annemarie Smit, Senior Eerste Offisier wat Mahapa aflos op die lang vlug.

Net voor die aanvang van ‘n SAL vlug tussen Johannesburg en Sao Paulo het die vroulike personeel in die stuurkajuit vir oulaas notas deurgegaan. Die spesiale vlug was ter afsluiting van Vroue Maand. Links is Kaptein Jane Trembath, Suid-Afrika se eerste vlugkaptein in beheer van buitelandse vlugte van SAL. Asnath Mahapa, Suid-Afrika se eerste swart vroulike vlieënier en Senior Eerste Offisier op die Sao Paulo vlug. Regs is Annemarie Smit, Senior Eerste Offisier.

Luister ook:

Terrance April gesels op die laaste dag van Vrouemaand met een van Suid-Afrikaons se vrouekonsuls in Sao Paulo. Shenaaz Ebrahim is belas met die ekonomiese verhoudinge tussen Suid-Afrika en Brasilië.

Die SAL vroue-driemanskap: , Mahapa, Trembath en Smit.

Video oor die eerste vroue-vlug na Accra, Ghana in 2016

Meer inligting oor die bemanning en die vlug

https://www.flysaa.com/py/en/flyingSAA/News/South-African-Airways-celebrates-womens-month-with-an-all—female-crew.html

https://www.iol.co.za/travel/travel-news/saa-celebrates-womens-month-with-all-female-crew-16760577

https://www.iol.co.za/travel/south-african-first-saas-first-international-flight-with-all-female-crew-16809347