Jong dokters: te min internposte; vrae oor Kuba-opleiding


Een van die land se groeiende krisisse in Gesondheidsdienste, is die land se gebrekkige beplanning in die opleiding van meer dokters. Ons lei nou meer dokters op en laat nog in Kuba oplei, maar waar’s die poste vir hulle?

Weens die swak beplanning:

  1. Gaan honderde jong dokters wat in 2018 met hul twee verpligte hospitaaljare moet begin, sonder poste gelaat wees,
  2. Is die Kuba-opleidingsprogram duur en die herintergrasie problematies, want die Suid-Afrikaanse studente wat in Kuba opgelei word, word as anders opgelei as Suid-Afrika – hulle word as primere sorg dokters opgelei – en hul kliniese kennis kan nie vergelyk word met Suid-Afrikaanse dokters se kennis nie, en moet hulle in Suid-Afrika weer 18 maande tot 2 jaar lank opgelei word en is daar inderwaarheid steeds ‘n onderskeid tussen dié Kuba-opgeleide dokters en SA opgeleide dokters.

Dr Michael van Niekerk

Aanbieder Marí Hudson gesels onder andere met dr Michael van Niekerk, ‘n verteenwoordiger JUDASA, en prof Ben de Vaal, waaksorgspesialis wat met die jong Kubaans-opgeleide Suid-Afrikaners in aanraking kom, oor dié kwessies.

Luister na die volledige Praat Saam program.

Enkele feite oor doktersopleiding in Suid-Afrika

  • Suid-Afrika benodig ‘n bykomende 20000 dokters binne die volgende 10 jaar.
  • Vir jare lank is slegs 1000 – 12000 dokters per jaar aan Suid-Afrika se 8 mediese skole opgelei. Dit moet eintlik 2400 per jaar wees. Dit is verhoog tot sowat 1900 in 2017, en twee nuwe mediese skole is nou besig om hulle deure oop te maak. Maar intussen gaan van die agt bestaande mediese skole agteruit.
  • Suid-Afrika benodig 20 000 addisionele dokters binne 10 jaar. Selfs nie eens 10 mediese skole sal binne 10 jaar dit kan vermag nie.
  • Miljoene rande word bestee om dokters in Kuba op te lei. Moes daardie geld nie in Suid-Afrika bestee word om mediese skole vinniger uit te brei en nuwe medies skole gouer te vestig nie?

Internposte
Sowat 1900+ studente voltooi vanjaar hul studies. Teen Augustus 2017 was net 1400 internposte beskikbaar. Op 19 Okober was daar nog 190 poste te min.

Dit sluit nie die studente in wat in Kuba opgelei is nie.

Die HPCSA het meer as 3300 (sommige noem ‘n syfer van 4500) internposte goedgekeur. Die Provinsies moet die poste befonds, maar met geldtekorte sny die Provinsies die kliniese poste na willekeur ongeag die Regering se verpligting teen oor die nuwe dokters.

Die Departement van Gesondheid weet reeds aan die einde van die studente se tweedejaar min of meer hoeveel dokters 4 jaar later gaan kwalifiseer, en het dus 4 jaar om vooruit te beplan. Die Departement van Gesondheid het nie regulasies in werking om te verseker dat elke Provinsie voldoende intern- en Zumaposte beskikbaar stel en befonds nie.

Hier is enkele feite oor die Kuba-doktersopleidingsprogram, wat al meer as 15 jaar aan die gang is

  • Tans is 2885 Suid-Afrikaanse mediese studente in Kuba vir opleiding aan vier van hul 25 mediese skole. 590 het al gekwalifiseer.
  • Die opleiding bestaan uit een jaar opleiding in Spaans, 5 jaar opleiding in basiese wetenskappe, 12 – 18 maande (vanaf 2019 2 jaar) herintergrering opleiding aan ‘n Suid-Afrikaanse mediese skool (hulle moet modules van die 4e, 5e en 6e doen) , waarna hulle ‘n plaaslike finale eksamen moet slaag en dan ook die Kuba finale eksame. Daarna volg 1 jaar internskap, terwyl Suid-Afrikaans opgeleide dokters twee jaar internskap moet doen, gevolg deur ‘n Zuma-jaar vir albei groepe. Dit is 9 jaar, waarvan 6 jaar in Kuba en 3 jaar in Suid-Afrika. Maar die druipsyfer is hoog en baie van die studente slaag nie die Suid-Afrikaanse eksamen met die eerste probeerslag nie, maar eers na die derde, vierde of selfs vyfde probeerslag, wat beteken dat baie 6 jaar in Kuba studeer en dan ‘n verdere 3 jaar in Suid-Afrika pleks van 12 – 18 maande.
  • Kuba het 25 mediese skole en lei meer as 11000 dokters per jaar op – vir byna al die Karibbiese eilande ens.
  • Kuba se mediese opleiding en gesondheidsorgstelsel is ver voor Suid-Afrika wat voorkomende geneeskunde betref, maar die Kuba-opleiding stel nie die studente in staat om ‘n keisersnee te kan doen nie, of veilige narkose te gee, of frakture te behandel of gekompliseerde TB of HIV te behandel nie.
  • Voor 2013 is vir sowat 15 jaar lank sowat 100 studente per jaar na Kuba gestuur vir opleiding. Van 2013 is 1000 per jaar gestuur. Dus vanaf 2018 kom die eerste 1000 terug vir hul herintergrasie, gevolg deur internskap. (SAMJ 2013). Dit beteken dat daar teen einde 2019 minstens 6000 internposte in ons land beskikbaar en befonds moet wees, terwyl daar tans skaars skaars 2800 is.

Wat kos dit om ‘n dokter op te lei?

Uit syfers uit verskeie verslae en berekenings blyk dit dat dit in 2012 tussen R1 m en R1,3 m gekos het om ‘n nuwe dokter in Suid-Afrika op te lei, afhangend aan watter mediese skool. Die berekenings vir 2012 dui die volle koste op R100 000 tot R250 000 per student per jaar, R600 000 tot R1,25 m per dokter. In 2014 was die klasgelde alleen tussen R45 000 en R65 000 per student per jaar.

Dit is baie duur om dokters in Kuba op te lei, en dan neem dit 8 jaar minimum om hul graad te kry – Prof Dan Ncayiyana, Limpopo mediese skool.

Uit syfers van die Gautengse LUR het dit geblyk dat dit in 2015 R70,5m bestee op 80 studente in Kuba. In 2012 is R25,6m bestee op 105 student, in 2013 is R33m bestee op 115 studente en in 2014 is R37m besteen op 138 student. Maar in 2015 kos dit R6 m per dokter en dit sluit nie die twee jaar opleiding in Suid-Afrika in nie.

Dus in 2012: R1,3 miljoen om ‘n dokter 6 jaar lank in Suid-Afrika op te lei, teenoor R1,6miljoen vir 6 jaar in Kuba sonder verdere 12 – 18 maande in Suid-Afrika (wat dikwels 2 – 3 jr geword het), dus R1.6m plus sowat R600 000 = R2,2 miljoen

In 2015: R1,3 m plus 10% inflasie vir 2013, 2014 en 2015 = R1.73m in SA vs R6m plus R7000 000 vir bykomende  2 jr
Dus R1,73m vs R6,7m

Hier is enkele kommentare