‘n Zuma leef luuks oorsee wyl sy mynwerkers ly


President Jacob Zuma, se broerskind, Khulubuse Zuma, woon in die Verenigde Arabiese Emirate. Dit terwyl die likwidateurs van die Pamodzi-myn ‘n aansoek in die Durbanse Hooggeregshof gebring het om hom te sekwestreer. Die Noord-Gautengse Hooggeregshof het Zuma en sy mede-direkteure in 2015 skuldig bevind aan die nalatige bestuur van die Pamodzi-mynbates.

Die hoofsekretaris van die vakbond, Solidariteit, Gideon du Plessis, sê die likwidateurs se aansoek word op 8 Desember aangehoor.