Hoe sal die nuwe Gesondheidsplan pasiënte en dokters raak?

Hoe sal die nuwe Nasionale Gesondheidsversekering en die wysigings aan die Wet op Mediese Skemas pasiënte en dokters raak? Marí Hudson gesels in Praat saam (Donderdag 5 Julie 2018) met Dr Johan Serfontein van die SAPPF en prof Greta Dreyer, president van SASOG. Sal dokters land-uit gaan? Sal jy steeds jou chroniese medisyne kan kry? Sal jy jou dokter kan kies? Watter dienste sal gratis wees? Waar sal mediese fondse inpas? Sal premies verhoog as bybetalings verdwyn? Sal jy steeds duur medikasie kan kry wat jou mediese fonds tans betaal? Dis enkele van die vrae wat bespreek word. Het jy geweet dat om die nuwe Gesondheidsplan bekend as NGV aan te bied aan almal, sowat R250 miljard in 2010 randwaarde sal kos, en baie meer in 2018 terme. Om dit gratis aan te bied, beteken die geld moet elders gevind … Continue reading Hoe sal die nuwe Gesondheidsplan pasiënte en dokters raak?