Blinde Kol: Luister weer


Om krieket te speel was een groot droom vir die Gerhard Trollip, maar hy kan net tussen lig en donker onderskei. Hy het in 1999 mense nader gehark om krieket aan die blindes en swaksiendes te kom demonstreerdaar en só het die Worcester Victorians ontstaan. En Bradley Arendse wou nog altyd ‘n blinde span afrig en vandag doen hy dit na die beste van sy vermoë.

Die Worcester Victorians bestaan uit 5 spelers wat geheel en al blind is en 13 swaksiende spelers, wat skoolkinders en volwassenes insluit.

Haidee het op Worcester dié blinde en swaksiende krieketspan ontmoet.

Luister na Blinde Kol, ‘n dokumentêr deur Haidee Muller:

Die blinde Gerhard Trollip (heel links in swart en geel) saam met die krieketspan wat deur Bradley Arendse (heel regs in swart en geel) afgerig word.

 

Gerhard Trollip by wie die idee vir ‘n  krieketspan vir blindes en swaksiendes op Worcester ontstaan het.

Bradley Arendse is passievol oor sy span en hy sê hy gee sy alles, net om hulle af te rig, al moes hy eers self leer hoe ‘n mens dit doen