Nou moontlik: genetiese toetse op embrio

In ‘n opwindende nuwe verwikkeling kan genetiese toetse nou reeds op die embrio wat in ‘n proefbuis ontwikkel word tydens in vitro fertilisasie, gedoen word om te verseker dat ‘n gesonde embrio in die moeder teruggeplaas word. Marí Hudson gesels in Gesondheid op RSG met prof. Thinus Kruger, verbonde aan die Universiteit van Stellenbosch se departement Ginekologie en Verloskunde en ook die Aevitas Vrugbaarheidskliniek in Pinelands oor die nuwe toetse. Luister hier na die program. Twee soorte genetiese toetse kan gedoen word: 1. Pre-genetiese siftingstoetse (PGS) waar na die chromosome gekyk word. Dit word gedoen om die moontlikheid van chromosomale afwykings soos Down Sindroom (trisomie 21, waar daar drie chromosome 21 is pleks van 2) uit te skakel, asook ander chromosomale defekte soos trisomie 15 en 18. Daar word dan ook seker gemaak dat die embrio 46 chromosome het. Die … Continue reading Nou moontlik: genetiese toetse op embrio