Wat is die nuutste in kankerbehandeling?

Kankerspesialiste is opgewonde oor die jongste verwikkelings in kankerbehandeling naamlik tweede generasie immunoterapie. Met die jongste middels en kombinasies van middels is dit byvoorbeeld moontlik om die oorlewingsyfer van gevorderde melanoom van 0 % op te skuif tot sowat 68%. Wat is immunoterapie en hoe werk dit? Marí Hudson, aanbieder van Gesondheid op RSG, gesels vandeesweek met ‘n onkoloog oor dié middels wat hoop bring maar uiters duur is. Dr Lizanne Langenhoven van Cancer Care (voorheen GVI Oncology) in Panorama, Wes-Kaap verduidelik meer oor kankerbehandeling. Laai Af (20 651KB) Teken in met iTunes Luister Daar is verskeie soorte middels wat ingespan word teen kanker: Chemoterapie is soos ‘n haelgeweer, en tas alle selle in ‘n verdelende stadium aan. Dit kan dus ook gesonde selle vernietig. Dit is dus veral effektief teen vinnigverdelende kankerselle soos die meeste kinderkankers. Dit het baie en … Continue reading Wat is die nuutste in kankerbehandeling?