Zuma beur voort met gratis tersiêre onderrig


Woensdag 8 November 2017

Pres. Jacob Zuma beplan glo om gratis tersiêre onderrig in te stel ten spyte daarvan dat ‘n kommissie van ondersoek hierna daarteen besluit het. Die president het tot nou versuim om die kommissie se verslag openbaar te maak. Ons praat met advokaat Frans Rautenbach wat in sy boek “South Africa Can Work: How a Free Market and Decentralised Government Can Make Us a Winning Nation” ook oor die kwessie van staatsbefondsing van hoër onderwys skryf.