Jody leer baie by Leadership Summit


Jody Hendricks was onlangs een van die genooide gaste op die Discovery Leadership Summit in Johannesburg en kon eerstehands na leiers soos Bill en Hillary Clinton, David Cameron, Cyril Ramaphosa en Patrice Motsepe luister. Hy vertel só oor die beraad:

Hy skryf oor dié ondervinding.

Jody Hendricks

“Ek het Donderdag 1 November die “Discovery Leadership Summit” in Sandton Johannesburg bygewoon. Die doel van die beraad is om ‘n platform vir van die wêreld se mees briljante denkers te bied om hul leierskapstrategieë en insigte oor politike kwessies te kan deel.

Van die onderwerpe wat bespreek was sluit in die ekonomie, regeringsbeleid en wetenskap asook die belangrikheid om  relevante wêreldwye kwessies binne ‘n plaaslike konteks te sien.

Vanjaar was die voormalige Amerikaanse president Bill Clinton en sy vrou Hillary Rodham Clinton die hoofsprekers. Ander leiers wat ook die gehoor van sowat 2000 mense toegespreek het,was President Cyril Ramaphosa, die voormalige Britse eerste minister, David Cameron, die ekonoom Lord Jim O’Neil, ons eie Olimpiese kampioen Caster Semanya, asook die besigheidsmagnaat Patrice Motsepe. Almal het met nuwe perspektiewe na van die wêreld se huidige uitdagings gekyk en hoe goeie leierskap van die oplossings kan bied.

Die Clintons op die beraad

Die Clinton’s het onder andere die belangrikheid van goeie leierskap op grondvlak bespreek en ook hoe ons tegnologie in die 21ste eeu moet benader.

Pres Ramaphosa op die beraad

President Cyril Ramaphsa het beklemtoon dat leierskap nie sonder uitdagings kom nie, maar dat goeie leiers nie hulle self moet veryk nie, maar juis die armes moet dien.

Caster Semenya het gêse een van die redes hoekom sy teen die IAAF standpunt ingeneem het oor geslagstoetse is om ‘n voorbeeld vir jonger atlete te wees en dat sy hulle wou inspireer om nie bang te wees indien daar teen hulle gediskrimineer word nie.

Die ekonoom Lord Jim O’neil wat met die term “BRICS” voorendag gekom het, het genoem dat daar geen rede vir armoede en ongelykheid in die wêreld is nie, en dat met goeie leierskap meeste van die probleme opgelos kan word.

Ek het baie by die beraad geleer en ook besef hoe belagrik leierskap op alle vlakke van die samelewing is. Die volgende “Discovery Leadership Summit” sal in 2020 plaasvind.”