Program vir Kersdag 2018


RSG bied weer op Kersdag 2018 ‘n spesiale program aan.

Gewone programme soos Goeie môre op RSG, Oggend op RSG, Middag op RSG en Tjailatyd staan oor, asook alle insetsels in die skofte asook SPEKTRUM, MIDDAGVERVOLGVERHAAL en KOPKRAP, Sportprogramme en gewone kinderprogramme, GELDSAKE en RSG KUNS. Daar is ook geen nuusbulletyns om 05:00, 23:00 en 24:00 nie. Die tye waar Nuus gelees word, is ook effe aangepas. Die weerbulletins/temperature bly soos aagedui.

Kersdagprogram

05:00 Kersdag Oggendstemming (klassieke musiek) – Tharien

05:55 Vroegoggend gedagte

06:00 Nuus en temperature

Kersdag Oggendstemming (klassieke musiek) – Tharien

06:40 Bybelvoorlesing vir kinders – Word Wise – tydsduur is 10 minute

Op Kersdag word ‘n spesiale storie vir die kleinspan gelees. Dit is Kerneels se grootste wens om ‘n engel te sien. Terwyl die veiligheidswag, oom Sol vir Kerneels oor die Aandster en die Melkweg leer, leer hy sommer ook van die engele om ons.

Robyn van de Rhede lees die storie van Kerneels.

06:50 Lewende Woorde

06:55 Weer

07:00 Monitor – Anita

08:00 Nuus

08:05 Loof die Here program – Wouter de Wet

09:00 Erediens

09:45 Kersverposing – Terrance April

10:00 Nuus

10:05 Kersdag versoeke

11:00 Nuus

11:05 Kersdagversoeke

12:00 Nuus hooftrekke

12:05 Spesiale Kersdrama

13:00 Nuus

13:05 Musiekprogram – Terrance April

14:00 VERS EN KLANK – Frieda

15:00 Nuus

15:05 Kersdag program:

Lizelle de Bruin en Dr Stephan Joubert gesels oor die geskiedenis wat Jesus se geboorte vooraf gegaan het.

In die tyd voor Jesus se geboorte, was die Romeine die wêreldheersers. Daar was ‘n berekeningsfout in die jaarkalender en die sterrekykers van die Ooste se beroep is op ‘n interessante wyse gebruik om hulle in die regte rigting te stuur.

16:00 Nuus

16:05 Musiekprogram – Este-

17:00 Kersdag program – Triple M

18:00 Nuus en weer

18:05 Kinderprogram  – Christelle van Tonder

18:30 Jeugprogram – Sharifah en span

19:00 Nuus

19:05 Aanddiens

19:30  Spesiale Kersdag program – Haidee Muller

20:00 Ekstra Nuusbulletin

20:05 Gospel musiekprogram – Jacqui

21:00 Nuus en temperature

21:10 Spesiale program vir Kersgety – Christelle van Tonder

23:00 Weer (geen Nuus)

23:05 Laataand musiek – Jacques Arndt

23:55 Laataand gedagte