Magdaleen skryf: April Nuusbrief


Ek werk van die huis af, terwyl die omroepers jou stasie op die lug hou. Hulle mag net ingaan om ‘n skof te doen, gepantser met masker en ‘n lappie vir die jik en ontsmettingsmiddel waarmee na elke skof skoongemaak word. Een ding waarvan ons seker is, is dat daar ‘n nuwe normaal gaan kom. Ek is vas oortuig dis nie nodig vir so baie kantore in kantoorblokke nie. Die huis is net so goed. En die tegnologie is daar.

Lynette Frances, ons kollega en aanbieder van Praat Saam het aan eie lyf gevoel hoe die grendeltyd jou planne omver kan gooi. Sy moes haar en Ashley se beplande huwelikseremonie en onthaal in die Kaap op die tippie kanselleer. Maar tog is sy nou mev Frances-Puren. Sy vertel die storie.

Sterkte aan elkeen, en gebruik die grendeltyd om weer te besef hoe belangrik dit is om die koring van die kaf te skei om jou lewe ligter en gelukkiger te maak.