Nuusbrief Oktober 2019: Magdaleen skryf


‘n Hittegolf in Gauteng, droogte in die Karoo en oorstromings in die Weskaap….net so uiteenlopend soos die afgelope tyd se weerstoestande, net so uiteenlopend is RSG-luisteraars se terugvoere oor programme, omroepers en musiek. Maar wanneer dit tyd is om saam te staan en soos een mens op te staan, doen ons dit. Soos met die Springbokke wat nou deurgedring het na die eindstryd van die Rugby Wêreldbeker 2019 in Japan. Die eindwedstryd tussen die Springbokke en die Engelse Rose word Saterdagoggend 11:00 regstreeks uitgesaai op RSG. Johan Rademan is besig om afronding te doen aan uitsprake van name en kry sy statistiek op datum. Geniet die wedstryd, ons hou duim vas vir die Bokke.

Volgende week onderdag 7 November maak ons die 2019 RSG Skatkis-program op Spitstyd bekend. En ek kan vir jou sê, ondanks al ons beperkte bronne, het ons daarin geslaag om ‘n stewige Skatkis-program saam te stel.

Charl van Heyningen

Ander nuus is dat Charl van Heyningen is van Sondag 17 November af die nuwe Dis Opera-aanbieder is. Ons sal meer oor hom vertel in die volgende nuusbrief. Ja, Wouter die Wet het nou afgetree as aan bieder en ons sal ook iets van hom hoor in die volgende nuusbrief.

Sterkte vir die laaste pylvak na die einde van die jaar toe.