Nuusbrief Nov: Magdaleen skryf


Magdaleen Kruger skryf:

“Ons het ‘n baie geslaagde RSG Skatkis 2018 beleef en het uitstekende reaksie van ons luisteraars ontvang. Ons hoop om in 2019 voort te bou op dié sukses en weer ‘n RSG aan te bied.

Ons leef tans in onsekerheid hier by die SAUK, maar ons laat ons nie daardeur stuit om steeds ons beste te lewer en die beste programme moontlik vir ons luisteraars te bring nie. Ons leef net eenvoudig die onsekerheid en negatiewe gedagtes dood.

Die Feestyd is ook die tyd om te gee. Daarom gaan ons drie groot geskenkpakke (elk ter waarde van meer as R2000) weg te gee. Van Maandag, 19 November kan jy deelneem aan ‘n kompetisie op rsg.co.za – toets jou RSG-kennis en staan ‘n kans om een van die geskenkpakke te wen. Die drie wenners op word Swart Vrydag, 23 November gekies.  Gaan kyk ook op rsg.co.za watter items alles in die RSG geskenkpak is!

Die items in die geskenkpak

Geskenkpak Items

1 x RSG Toerygsakkie R40

1 x RSG Pen R20

1 x RSG Notaboekie R70

1 x RSG T-Hemp R50

1 x RSG Flitslig-Sleutelhouer R10

1 x Braaistel R150

1 x RSG Rugsak R150

1 x RSG Koffiebeker R30

1 x RSG Tegniese toestel met batterylaaier, kabels ens. vir selfoongebruik R160

1 x RSG Koskoelsakkie R80

1 x RSG Pet R40

1 x Vat 5 Volume 7 CD soos op Brekfis met Derrich R120

1 x Sondag Middag op RSG met Fritz Klaaste CD R110

1 x Sterre en Planete boek saamgestel deur Hennie Maas en kundiges op die program Sterre en Planete R280

1 x Die tale wat ons praat boek saamgestel deur Danny Fourie soos op die program Taaldinge R230

1 x Toe-Val-Lig boek saamgestel deur Amore Bekker soos op die program Tjailtyd R235

1 x Lag Sonder Grense boek saamgestel deur Ian Wessels R255

TOTAAL

R2 030