Dokumentêre 2025: Swartkops se seesoutpanne

Luister van 2 Januarie elke Donderdagaand om 20:00 na RSG se uiteenlopende dokumentêre en deurkruis Suid-Afrika om sy mense, diere, dorpe en selfs sy soutpanne beter te leer ken. 20 Februarie Swartskops se seesoutpanne Op 20 Februarie gaan Jacques Arendt by Swartkops se soutpanne inloer. Die panne is bekend om sy braaisout wat op talle luisteraars se tjoppies en in hul kospotte beland. Hoe beland die seewater in die panne en hoe woord die braaisout vervaardig? 27 Februarie Paroolwet moet verander Ilse Salzwedel, aanbieder van Skrywers en boeke, praat op 27 Februarie met verskeie slagoffers asook kenners oor die verandering van die Paroolwet. 6 Maart Die week daarna gaan kuier Ettienne Ludick by die Liedjieboer wat klassieke treffers vir Sonja Herholdt en Laurika Rauch geskryf het. Anton Goosen, wat steeds albums vervaardig en konsert hou, vertel meer oor die mens … Lees meer Dokumentêre 2025: Swartkops se seesoutpanne