Só gaan ons lyk by die GEEL KOL by KKNK
RSG se hoof van drama, Kobus Burger, het ‘n tydjie afgeknyp om model te speel en vir jou te wys hoe lyk RSG se ontspanningsdrag by die KKNK! Hier verskyn Kobus met die T-hemp en bandana.
Soos hy vir jou wys, is die bandana ‘n veelsydige ontwerp….vir die kop, hals en pols. Die T-hemp word sterk aanbeveel vir dra soos in die foto getoon, maar dit is ook ‘n veeldoelige kledingstuk wat op ander maniere gebruik kan word….besluit maar self hoe.