Ons spesiale program vir Goeie Vrydag


Ons bied weer op Goeie Vrydag ‘n spesiale program aan.

Hier is die skedule vir die program.

Goeie Vrydag-skedule

2 April 2021

00:00 – 05:00          Verpakte Deurnag (sluit RSG Landbou & Ikra in)

05:00 – 06:00          Oggendstemming (Este)

06:00 – 06:10         Nuus en weer

06:10 – 07:00         St Cecilia Mis van Gounod (Terrance)

07:00 – 08:00          Monitor (Anita & span)

08:00 – 08:05          Nuus

08:05 – 09:00          Loof die Here (Magdaleen)

09:00 – 09:30          Paasdiens

09:30 – 10:00          Musiektussenspel

10:00 – 10:05          Nuus

10:05 – 11:00          Vers en klank: Spoorloos (Frieda en Herman)

Kay Smith

Op Vrydag 2 April skuins na 10:00 kan jy inskakel vir ‘n spesiale uitsending van Vers en Klank. Ons dink terug en weer aan Christus se lewe en sterwe. Christus wat diep spore op hierdie aarde getrap het en toe vir ‘n paar dae skynbaar spoorloos verdwyn het. Christus wat nie gekies het om dood te gaan nie, maar wel gekies het om aan te hou liefhê en voluit te lewe tot die einde. Op Goeie Vrydag, wat net goed is in retrospek.

Hierdie program word opgedra aan al my kollegas by RSG. Mense wat week na week programme maak, ‘n radiostasie op die lug hou, wat (soms heeltemal onbewus) diep spore in luisteraars se lewens trap in geweldig onsekere tye. Dis opgedra aan almal wat nie werk vir erkenning of wie se voetspore nie iewers op ‘n sypaadjie uitgegrafeer is nie, wat agter die skerms werk sonder om die effek of erkenning van hulle bloedsweet te sien. Aan al die ware helde wat nie hulle waarde in triomf en trone en krone soek nie, maar in die brood en wyn en soms asyn van die alledaagse lewe.

Marion Holm, Kay Smith en Anrich Herbst lees die gedigte voor vir hierdie program. Dit word saamgestel en aangebied deur Frieda van den Heever en die musiekregisseur is Herman Steyn.

11:00 – 11:05          Nuus

11:05 – 12:00          Reënboog-paasfees – joernaalprogram

12:00 – 12:05          Nuus

12:05 – 13:00          Nic se musiek vir die Pase (Nic de Jager)

13:00 – 13:05          Nuus

13:05 – 14:00          Radioteater “Die Kleed” (Kobus en Ina)

Die  drama op Goeie Vrydag is Die Kleed, deur Joey van Niekerk.

Dit handel oor ‘n Joodse gesin, Gusa, Johanna en Jona, se kennismaking met Jesus, en die invloed wat Hy op hulle en hulle omgewing het.  Johanna word wonderbaarlik genees, Gusa is skepties oor dié “profeet”  en sy werksaamhede en Jona sluit hom by die Romeinse leer aan.  Hulle kry ook te doen met die heerser Herodes Antipas en sy vrou Herodias, en met Johannes die Doper.  Dan word Jesus tydens die Pasga in hegtenis geneem, verhoor en gekruisig.  Dit het vir  elkeen van die gesinslede verreikende gevolge.

Die  akteurs wat gehoor kan word is, Anton Dekker, Ria Smit, Pietie Beyers, Paul Luckhoff, Lochner de Kock, Elma Potgieter en Johny  Klein.

 

14:00 – 14:05          Nuus

14:05 – 15:15          “Kruis van Liefde” Paaskonsert, opgeneem in M1  (70 minute opname – Muriel & Magdaleen)

15:15 – 15:30          Paas-kortverhaalvoorlesing (Kobus)

15:30 – 15:35          Nuus

15:35 – 16:00          Oop gesprek oor die Paasgebeure (Heindrich Wyngaard)

16:00 – 16:05          Nuus

16:05 – 17:00          Dis gospel

Die eeue oue verhaal van die kruisiging van Jesus Christus en Sy opstanding drie dae later, is aan die meeste van ons bekend.   Die gebeure wat gelei het tot die kruisiging en tydens die kruisiging, fokus min op die rol van die vroue wat teenwoordig was. Dit word in die evangelie van Johannes genoem.

Vier vroue: Jesus se Moeder – Maria; haar suster (dalk haar skoonsuster) want sy was ook Maria;
Maria van Klopas en Maria Magdalena.
Dié groepie van vier vroue het Jesus gevolg en was by Hom tot die bitter einde.
In Johannes lees ons dat die vier vroue, en vier soldate by Hom vas toe Hy Sy laaste asem uitgeblaas het.
In Goeie Vrydag Gospel hoor ons veral Gospel musiek wat dié vroue se rol besing.
Die program word aangebied deur Jacqui January

 

17:00 – 18:00          In die voetspore van Jesus – joernaalprogram

Via Dolorosa

18:00 – 18:10          Nuus en weer

18:10 – 19:00          Afrikaanse nie-kommersiële musiek met spirituele ondertoon

19:00 – 19:05          Nuus

19:05 – 19:10          Aandgedagte

19:10 – 19:20          Nali Bali

19:20 – 19:30          Aandboekvoorlesing

19:30 – 20:00          Kompas

20:00 – 21:00          Oppiradio (Haidee)

21:00 – 21:10          Nuus en weer

21:10 – 22:00          Musiek sonder grense (Veronique)

22:00 – 23:00          Tjil

23:00 – 23:10          Nuus en weer

23:10 – 23:55          Ek soek… werk en mense

23:55 – 00:00          Laataandgedagte & Nuushooftrekke