Onthou jy Danie Bosman se liedjies?
Onthou jy nog die liedjies Ou Musikant, Boereseun, In die skadu van ou Tafelberg en Oom Bossie van die Bosveld? Dis almal oorspronklike Danie Bosman-liedjies. Johan Rademan neem jou op ‘n kort nostalgiese terugrit . Hy het onlangs op die Drosdyteaterverhoog in Stellenbosch saam met die familie van dié bekende Suid-Afrikaanse komponis, Danie Bosman, gekuier.