Ontmoet die rooi panda
Die rooi panda (Ailurus fulgens), ook genoem die klein pand, rooi beerkat, rooi katbeer, is ‘n soogdier inheems aan die oostelike Himalajas en suidwes China. Daar is ook ‘n klompie in die Johannesburg dieretuin.
Die klein soogdier is so effe groter as ‘n kat, spog met met ‘n rooi wollerige pels en lang stert. Die saggeaarde gedierte word beskou as n bedreigde spesie. Met slegs tienduisend oor in die natuur, speel dieretuine ‘n belangrike rol in die bewaring en behoud van die spesie.
Hulle is nuuskierig en lyk baie oulik.
Luister hier na die gesprek wat Esté Gross met Catherine Visser (onder), kurator van die primate van die Johannesburgse Dieretuin in die Rooi Panda se hok gevoer het.
Ander rooi panda foto’s en videos
Kyk na die video oor snaakse oomblikke met rooi pandas.
Hier is ‘n paar foto’s van die oulike diertjie:
Kyk na die video oor hoe Farley, die rooi panda wesie, grootgeword het.
Meer inligting:
- http://animals.nationalgeographic.com/animals/mammals/red-panda/
- http://nationalzoo.si.edu/Animals/AsiaTrail/RedPanda/factsheet.cfm
- https://en.wikipedia.org/wiki/Red_panda