Ontmoet “Die Vis” Eric Fisher, voormalige rektor van die Dower Onderwyskollege


Luister weer na ‘n profiel-dokumentêr oor Eric JG Fisher, voormalige rektor van een van die gewildste onderwyskolleges in die land.

 Sy voetspore is in die beton van Suid-Afrikaanse Onderwys verhard oor ‘n tydperk van 41 jaar, waarvan 24 jaar as rektor van een van die gewildste Onderwyskolleges in Suid-Afrika, Dower Onderwyskollege in West End in Port Elizabeth. Onderwysers van die instituut gee onderrig regoor Suid-Afrika en die VSA, Brittanje, Kanada, Australië, Nieu-Seeland, die Midde-Ooste en Oos-Asië. Onderwysers uit die instelling het ook rektore van ander kolleges geword, selfs oorlede Jakes Gerwel, wat mettertyd rektor van die Universiteit van Wes-Kaapland geword het.

Hierdie besondere gedisiplineerde pedagoog het respek ingeboesem by student, leerder, kollega en Onderwysadministrasie. Ander bekendes wat met groot bewondering praat oor hom wat hul lewens verander en in ‘n nuwe rigting gestuur het is o.a. Springbokrugby afrigter Allister Coetzee, wereldbekende kunskilder Selwyn Pekeur en die samesteller van die dokumentêr.

Die onderwys het ‘n reus verloor op 19 Augustus 2020 toe Eric Fisher, algemeen bekend as “Die Vis” gesterf het, slegs een dag voor sy 94 ste verjaardag.

Die profiel is saamgestel deur Fritz Klaaste.

Die Dower kampus van die PE TVET Kollege