Ontmoet Esther Mahlangu, Ndebele-kunstenaar

Dr. Esther Mahlangu vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van haar Ndebele kuns en die betekenis daarvan. Van links na regs is Mia Louw van die Kaapse kunsmark, Letty Ndiminde, Martelize, Johan, Thabisile Beauty Masombuka (Dr. Mahlangu se kleindogter), en Dr. Esther Mahlangu.
Dr. Esther Mahlangu vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van haar Ndebele-kuns en die betekenis daarvan.
Mahlangu het Ndebele-kuns wêreldwyd bekend gestel toe sy gekies is om ‘n BMW te versier. Sy is vereer met ‘n ere-doktorsgraad deur die Universiteit van Johannesburg. Sy onderrigf jong mense in die kuns van tradisionele Ndebele-versiering. Sy skilder sonder enige liniale of waterpasse en met vere.
Mia Louw gesels saam oor die Kaapse Kunsmark waar dr. Mahlangu uitstal. Dr. Mahlangu se kleindogter , Thabisile Beauty Masombuka, en Letty Ndiminde het saam gekuier in die ateljee.

Van links na regs is Letty Ndiminde, Dr. Esther Mahlangu en Thabisile Beauty Masombuka (Dr. Mahlangu se kleindogter).
Lees meer oor Esther Mahlangu
https://en.wikipedia.org/wiki/Esther_Mahlangu
https://www.visi.co.za/cool-collaboration-freshpak-x-dr-esther-mahlangu/
BMW and south african artist Esther Mahlangu catapult Ndebele art to the world