Oom Kiepie se groentetuin
Op die plaas Mulderbosch naby Stellenbosch kruis Haidee Muller se pad met dié van Oom Kiepie.
Oom Kiepie is ‘n afgetrede plaaswerker wat hier vir hom die mooiste groente- en vrugtetuin by sy huis gekweek het.
Hy voorsien vrugte en groente aan behoeftiges en gee darem ook so ‘n ietsie vir sy sewe kinders.
Haidee het saam met Oom Kiepie in sy pragtige tuin gaan rondstap.