Oppiwater kunstefees in April 2022 na Mosambiek se Pomene

Vir die agtste keer gaan RSG en Lefra se Kunsskippie weer vaar en gaan ons feesgangers heerlik fees hou aan boord die luukse MSC Orchestra vanaf 4-8 April 2022. Ons vaar vanaf Durban na Mosambiek se mooie Pomene. RSG-omroepers Amore Bekker, Derrich Gardner en Johan Rademan gaan hierdie Oppiwater meemaak en is jou gashere en -vrou vir die Oppiwater 2022! Die Oppiwater Kunstefees spog met teater, toneel, komedie, sang, musiek en dans en is die ideale manier om ‘n Kunstefees by te woon, want jou kos en verblyf is reeds by die prys ingesluit! Die Oppiwater-fooi gee jou toegang tot die Oppiwater Kunstefees, maar dit sluit GEEN kaartjies na produksies in nie. Met jou Oppiwater-fooi, kry jy wel gesubsidieerde en goedkoper kaartjies (van R20.00 tot R95.00 per kaartjie in teenstelling met kommersiële kaartjies van R160.00 tot R250.00). Kaartjies vir die … Lees meer Oppiwater kunstefees in April 2022 na Mosambiek se Pomene