Oujaarsaand op RSG


Oujaarsaand op RSG met Johan Rademan, Haidee Muller en Sue Pyler

 Saamgestel en geregisseer deur Johan Rademan.

Oor die jare het RSG dikwels Oujaarsaandkonserte voor ‘n gehoor opgeneem en vermaaklikheidsprogramme gebied om die tamheid van ‘n harde jaar af te skud.

Wel, vanjaar hou ons virtueel konsert met ‘n program wat terugstrek uit die argiewe tot 25 jaar gelede. Van die kunstenaars se nalatenskap word gevier soos mondfluitjie-virtuoos, Vincent van Rooyen, die geliefde Lucas Maree en Randall Wicomb, eiesoortige volksliedjiesanger met die orkes van Boetie Kallis.

Elias P Nel en Nico Nel verteenwoordig die storievertelkuns uit die argiewe en sommer die Boesmanland, Namakwaland en Karoo.

Pieter van der Westhuizen, met kitaar en stem deel selfs n bietjie asbrood en hardevet met ons uit die wereld. Kappityt se Sue Pyler sluit in ‘n danstrant van 23h00 af aan by die Kaapse duo, Johan en Haidee.Verwag alle dansvorme en style van die Baardskeerdersbostrant tot Nerina Brass, Strand Combo, Jimmy’s Grand Six.

Onthou jy’t ‘n goeie vriend in RSG. Oujaarsaand 31 Desember 2020 om 22h00.