Luister weer: Mark leef verby sy beperkings
Mark Purnelle is met beide outisme en disleksie gediagnoseer. Dit het hom ongeletterd gelaat en met die stigma van gestremdhede baie deure vir hom toegemaak.
Hy het egter nie stilgesit en op ‘n ongeskiktheidspensioen aangedring nie, maar amper 30 jaar gelede by ‘n ingenieurswerkwinkel begin werk tot vandag toe. Hy ry elke oggend met sy fiets werktoe.
Mark sukkel sy lewe lank met depressie en angsaanvalle. Dis drie jaar gelede dat hy besluit het hy wil studeer.
Sy studie-materiaal is opgeneem en na sy slimfoon gestuur. Sy vrou lees alles voor en hy onthou alles. Met al die uitdagings van deleksie o.a. slaag hy elke eksamen met onderskeiding!
Asof outisme en disleksies nie genoeg is nie, is hy onlangs ook nog met skisofrenie gediagnoseer…
Mark bly egter ‘n ware inspirasie en wil net aanhou studeer en homself toerus om ander met gestremdhede te help waar hy kan.
Donderdagaand 13 September om 8-uur die aand vertel Jacqui January: Leef verby jou beperkings – Die storie van Mark Purnelle