Spesiale Paasprogram vir Goeie Vrydag
Ons het ‘n spesiale Paasprogram saamgestel vir Goeie Vrydag, 14 April.
Goeie Vrydag, 14 April 2017
Só sal Goeie Vrydag verloop:
04:25 – Landbou insetsels
04:55 – Ikra
05:00 – Nuus en reisigersweer, gevolg deur Klassieke musiek
06:00 – Nuus en temperature, gevolg deur Klassieke musiek
06:25 – Kinderprogram
06:55 – Weervoorspelling
07:00 – Nuus, gevolg deur Monitor
08:00 – Nuus, gevolg deur Loof die Here
09:00 – Nuus; Erediens
09:40 – Naspel
10:00 – Nuus; Ave Maria (musiek)
Die voorstelling en uitbeelding van Moeder Maria het deur die eeue neerslag gevind in verskillende kunsgenres. Een daarvan is in musiek. Verskeie komponiste het hulde gebring aan dié uitverkore vrou. In AVE MARIA kan jy luister na ‘n hele aantal weergawes van die gebed aan Maria, moeder van Christus. Dit wissel van die vroegste komponiste, tot eietydse kunstenaars.
Een van die interessante feite wat na vore kom in die program, is die feit dat die bekendste weergawe van ‘n Ave Maria-lied, nie ‘n geestelike oorsrpong het nie. Dit is dieselfde geval met Handel se bekende LARGO wat so dikwels in kerke voorgespeel word.
Kom luister gerus in AVE MARIA, watter werk vandag ‘n soortgelyke status het. AVE MARIA word aangebied deur Terrance April.
11:00 – Nuus; Vers en Klank (verse oor die Pase)
Jesus Christus se kruisiging en die aanloop daarna het talle digters al genoop om dit te verwoord. In die proses het ons ‘n ryk skat van verse daaroor. Ook die opstanding is vol emosie en verwondering wat mense soos I.L. de Villiers, W.E.G Louw, Sheila Cussons, Lina Spies en vele meer geInspireer het tot die skepping van uitstekende werk. Luister op Goeie Vrydagoggend om 11:00 na ‘n spesiale Vers en klank waarin hierdie gebeure herdenk word met poësie en musiek wat die luisteraar sal wegvoer na die vernederende offer wat Chritus vir ons deurgemaak het. Die verse word gelees deur Bernard Odendaal, Margot Luyt en Dean John Smith en die musiekkeuse is gemaak deur Tharien Oosthuizen.
12:00 – Nuus; Die pad wat Jesus moes stap (joernaal)
Lizelle de Bruin skets die gebeure rondom die kruisiging deur middel van musiek, bybelvoorlesings en verskeie onderhoude met kerkleiers oor die betekenis van Paasfees.
13:00 – Nuus: Die Herbergier (drama – wenner van die RSG Cordis Trust Christelike radiodrama-skryfkompetisie vir 2016)
14:00 – Nuus; Requiem (musiek)
Salieri se Requiem
Lydenstyd is ‘n tyd van ondersoek. Christene wêreldwyd vier die lyding van Christus in die dae tot by Paasfees. Dit word ook vergestalt in ‘n Requiem, of dodemis. Deur die lydenstyd en op die dag van Jesus se kruisiging, ly Jesus vir ons sondes. In ‘n Mis pleit die sondige mens vir genade en ontferming by Christus. Christus, wat reeds deur sy lyding vir ons sondes betaal het. Die Mis se eerste woorde getuig daarvan deur die woorde: U kom die lofsang toe, God, in Sion, en vir U sal ‘n gebed gebring word in Jerusalem. In die program luister ons na die volledige Mis in C mineur van Salieri, met Arianna Zukerman (sopraan); Simona Ivas (mezzo-sopraan); Adam Zdunikowski (tenoor); Luís Rodrigues (bariton); Marius Brenciu (tenoor), Gulbenkian koor en orkes onder leiding van Lawrence Foster. Luister hier na ‘n klanksnit:
15:00 – Nuus; Spesiale program (meer spraak) (Flip Loots, Triple M Produksies)
16:00 – Nuus; Paasfees gospel (musiek)
16:50 – Paasfees gospel (kindermusiek)
17:00 – Nuus; Kinderpaasfeespret
Christelle van Tonder lees vir die kleinspan uit die kinderbybel van die instelling van die nagmaal tot Jesus se opstanding uit die dood. Tussen deur die storie van Jesus se kruisiging kan die maats ook luister na lekker musiek.
17:30 – ‘n Vreemde Goeie Vrydag (dokumentêr)
In die Ortodokse Kerk word Paasfees as die heel belangrikste tyd op hulle kerk-kalender onthou. Die heilige week wat begin met ‘n feestlike Palm Sondag is gelaai met eeu-oue tradisisies wat ‘n hoogtepunt op PaasSondag bereik. Gedempte lig, kerse, wierook, ‘n simboliese voetestamp op Goeie Vrydag is deel van die ryk kultuur en gesange wat uit die 11de eeu dateer word gesing. Vader Jacobus van der Riet is van die Eldorado en Rustenburg Ortodokse gemeentes en hy lig die sluier lig oor Groot en Heilige Vrydag /Saterdag en die feesmaal op Opstandings Sondag onder andere.‘n Vreemde Goeie Vrydag is deur Jacqui January saamgestel.
18:00 – Nuus en weer; Ateljeediens; Spesiale Jeugprogram
19:00 – Nuus; Die Herbergier (drama – wenner van die RSG Cordis Trust Christelike radiodrama-skryfkompetisie vir 2016).
Lees hier meer oor die drama.
20:00 – RSG by KKNK
21:00 – Nuus en temperature; Musiek sonder grense
22:00 – Tjil
23:00 – Nuus en weer; Inbel: Soekhoek
23:56 – Sielsgedagte
23:59 – Nuushooftrekke
Geen boekvoorlesings, vervolgverhale, Vroeg Oggendgedagte; gewone kinderprogramme, dagskofte (soos Goeie môre op RSG, ens), radiomark, sportprogramme, finansiële nuus, Geldsake, nuushooftrekke, ens. nie.