Pieter van den Berg skryf: “…terug by my uitsaaifamilie!”

“Oe ag hoe lêkker, oe ag hoe lêkker… sing ek elke oggend as ek my oë oopmaak… nòg ‘n dag saam met my uitsaaifamilie lê voor! Wat ‘n vreugde en voorreg….Dankie dankie… Dit voorwaar weer lekker om te kan sê “…en daarmee terug na die atlejee in Johannesburg… (vanaf ‘n regstreekse sportuitsending). Maar ook om die beplanning, skedulering, reëlings en koördinering van RSG se Sport te kan doen. Daardie onbeskyflike diep lekkerte van sport,mikrofoon, adrenalien, kommentaar, verslae en genot is deel van my sedert 1983 en ek leef steeds  op ‘n hoogtepunt elke uitsaaidag! Dankie aan my uitsaaifamilie en RSG!” Pieter van den Berg