Pragboek oor SA natuurparke
“Ek kan nie uitgepraat raak oor hierdie fantastiese boek nie, wens julle kon dit in julle se hande hou. En daai voorblad!!!!!!! Dis van ‘n olifantbul wat die Wit Umfolozi-rivier in Hluluwe, KZN oorsteek,” sê RSG se stasiebestuurder, Magdaleen Kruger.
“My reis deur Suid-Afrika se Nasionale Parke en natuurreservate het begin as ‘n droom, maar nou het dit my lewe geword”. Só sê Scott Ramsay, die fotograaf en skrywer van die pragtige koffietafelboek South Africa’s Wildest Places. Hierdie is werklik ‘n pragboek met uitstekende foto’s en inligting oor ons Nasionale Parke en Natuurreservate. Dis ‘n groot, swaar boek met die aller-treffendste voorbladfoto. Werklik iets besonders.
Dis by boekwinkels beskikbaar. South Africa’s Wildest Places – 30 van ons Nasionale Parke en Natuurreservate.
Verwonder jou solank aan enkele blaaie uit die boek: