Driesestig = nuwe middag program


Johan Rademan, Martelize Brink en Ignatius Vlok

Driesestig (360 grade) met Johan Rademan en Martelize Brink is waar jy weeksdae van 12:00 tot 15:00 jou raakpunt met jou omgewing en die wêreld om jou gaan kry. Ons kyk wat die trom slaan by Twitter en vra jou mening oor stories wat ons oog vang.

Ons gesels met mense wat ‘n impak op hul omgewing en die wyer samelewing  maak. Ons klop aan by kenners  vir praktiese raad en om die vreemde dinge wat die lewe opdis te verklaar.

Haidee Muller, Jacqui January en Mariska Spoormaker gaan kuier by huise, werke en organisasies en bring interessante mense se verhale tot die driesestig-gesprek.

Met ‘n oor op die grond hou Spektrum jou op hoogte van aktuele sake.