Aanneemkind Bianca wil net sing


Haidee ontmoet Bianca Solomons. Sy is 16 jaar oud en is n ontluikende Operasanger. Biana se pad was nie maklik nie. Sy is as kind gelos by ‘n vrou wat vandag haar aanneem-ma is. Die twee woon in ‘n wendyhuisie in Kraaifontein maar Bianca is nie gepla oor die feit dat hulle swaar trek nie. Nee, syt groooot planne om eendag saam met die sangeres Corlia Botha te sing.
Haar pad vorentoe is nou haar fokus en sy kyk nie terug nie. Haidee het met die talentvolle jongmeisie gesels by ‘n funksie waar sy opgetree het. Haar positiewe ingesteldheid en kinderlike eerlikheid het Haidee ‘n knop in die keel gegee.